


Welcome to Kleinzee Festival
Kleinzee...Meer as net 'n Diamant
Kleinzee beweeg weg van ‘n myndorpie te wees en is besig om te groei - nader aan ‘n spesiale toeriste bestemming.
Daar is akademiese toeriste wat spinnekoppe kom bestudeer, skoenlappers soek, akkedis kom beskryf, plantjies kom fotografeer en geskiedenis kom opteken en skeepswrakke kyk. Daar is “life-style refugees” wat ‘n langnaweek se rus en vrede kom ervaar in veiligheid. Daar is “klimaat toeriste” wat die varsheid van ons weer, strande, see, strandveld en ons mense kom opsoek. Daar is avonturier-toeriste wat kom hardloop, fietsry en 4x4 in die “wilde weskus”.
Ons verstaan van die Groot 5; maar kom kyk die Skaam 5 – ons het hulle hier.
Die Namaqua Coastal Route se leuse dat Namakwaland ‘n natuurlike skatkis is, is nog steeds waar, behalwe dat die toeris moet besef hier is meer as diamante. Daar is ook ander skatte: ons strandveld, fauna, flora , ligging, geologie en ons mense.